Jongste aktiwiteit:

Wispelturigheid

Wispelturigheid

Tye en modes verander of
dalk tog nie heeltemal nie
maar o, die kinders, veral die kinders
bly nie agter en volg dit slaafs want
liewer dood as uit die mode—
Wat ons gedink het is reg is nou
nie meer heeltemal reg nie
of bloot nie in, maar tog
merkwaardig aanvaarbaar
indien nie te motgevreet aan
hul huidige standaarde gemeet—
Wat ons gedink het is verkeerd
sê hulle nou uitgeleerd vir jou
bog, dis nou die inding as jy wil
meeding met al die modebewuste
en sosialevlinder know hows
en goedkeurende wows—
Oor — uitgediende taboes
wik en weeg jy tong in die kies
is dit reg of is dit nie en lyk dit
bietjie outyds word dit onder
‘n ander etiket net subtieler gedoen—
Niks het eintlik verander wees net skrander
die modes se wiel draai stadig en subtiel
in word uit, en uit word weer in, en
vice versa maak alles dalk sin en met
ope arms weer ontvang en gedra—

Janetta –Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Lollie het ‘n nuwe publikasie gemaak