Jongste aktiwiteit:

VELDBRANDE IN DIE NAG

Die nag word rooi geverf met vlamme
wat soos sleehonde voor die wind uitdraf
en stram figure wat soos skimme
in die hoofligte van ‘n bakkie in die rookmis dans

Die voorbrande
bekruip die Suidewind se vuur rolbosse
met agterdog wanneer die vlamme
as asems oor hul aantog strooi

Stil figure staan om bakkies rond
en iewers blaf ‘n hond vir werkers
wat grootoog na die onding kyk.

Brandweer ligte flikker en breek
die geknetter van die vlamme dans
en versmoor in die as dooprok
wat klankloos neerreën in die nag

By ‘n bakkie staan ‘n man en bid
wit strepe op die as-masker van sy gesig
sy veld verbrand
sy veë verlore tussen die vlamme dans
en ‘n vrou en twee klein kinders
wat saam met buurvrou by sy afgebrande plaashuis wag…




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed