SOMER
Die son stoot trots sy borskas na die aarde uit
en op my hand raak ‘n sagte somervruggie ryp;
Al met die dronkmanskronkel van die helder strand
gryp vreemde waters om my voete happe uit die wit seesand
terwyl skoenlappers danskonserte van reënboogkleure verf
om elke blom en blaar
waar goggas voortploeg deur die sagte strengelgras;
Wolke hol angsbevange voor die voorslag van die winde weg
en op my uitgestrekte hand
krul ‘n pantserdop tor lank en stil…
dan warrel gister se nawinde deur my kamervenster
en kielie my beddegoed se rafelrand
as ek stil bly wonder hoe dankbaar ons as mens moet wees
want elke boombas het sy krakies
en ons almal ‘n huis van glas
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.