Jongste aktiwiteit:

As die wind kon praat

As die Wind Kon Praat

Deur: Ryno du Plessis

Jy waai soos ‘n gees.Eendag bring jy vrede met ‘n bietjie koelte.

Soms seën jou asem ons met genadewater van bo.

Ander kere raak jy boos en saai verwoesting waar jy blaas.

Dit is asof ek jou asem ruik: stof, reën, en geure wat jy langs die pad leen.

Op hoë hoogtes laat sweef jy voëls wat saam met jou die hemelruim deel.

Sou jy tog kon praat, met woorde wat die oor verstaan.

Wanneer die lewe oor my ontvou, wens ek net ek kon al jou buie verstaan.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed