Plekkie in my hart
Plekkie in my hart
Vir jou maak ek elke kamer reg en skoon.
My gister is weggegooi, en my môre behoort net aan ons.
Los jou tas en bagasie buite.
Hier binne is net genoeg plek vir jou en ons droom.
Trek uit jou hakke, maak los jou hare.
Hierdie is ‘n plek van geluk, al sou daar soms ‘n venster breek of stof opbou.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.