Melancholiese Mosaïek
Stukkie stukkie, skerwe gebreuk
golwe wat ritmies slaan en slaan
vorm gate in lewensmure
swaarmoedig, mismoedig, droefgeestig,
trietsig, kranksinnig en bedroef
kom die golwe van melancholie
Stukkie stukkie, aanmekaar gesit
uit skerwe opgebou, nuwe portret
vul Reddende Hande, met korale
al die lewensgate
blymoedig, uitbindig, hoopvol,
vreugdevol en vriendelik
Melancholiese golwe platgeslaan
dankbaar vir elke stukkie van die mosaïek
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2022 – Drama projek