Jongste aktiwiteit:

ProjekteJanuarie 2022 – Drama projek

Beste INKers

2022 verwelkom jou met ope arms. Mag elke dag in hierdie nuwe jaar vrugtevol en voorspoedig wees.

Om die jaar behoorlik af te skop, en aangesien almal behoorlik uitgerus is, gaan ons hierdie maand die term “drama” ondersoek.
Wat kan ‘n nuwe jaar inlei anders as ‘n bietjie drama?

Digters:
1. Skryf ‘n dramatiese gedig oor enige onderwerp.
2. Nie meer as 16 lyne nie.
3. Gebruik ‘n goeie sinoniem of neologisme vir die woord “drama” ten minste een keer in jou vers.
4. Let op spelling. Dit is dié belangrikste wapen in jou arsenaal.
5. Indien jy ‘n neologisme skep, behandel dit in ‘n voetnota.

Gorrelskrywers:
1. Skryf ‘n meningstuk oor ‘n dramatiese ervaring in jou lewe.
2. Nie meer as 700 woorde nie.
3. Dui jou woordtelling aan.

Rubriekskrywers:
1. Skryf ‘n rubriek oor die drama van ‘n eerste skooldag.
2. Nie meer as 700 woorde nie.
3. Dui jou woordtelling aan.

Artikelskrywers:
1. Skryf ‘n goed nagevorsde artikel oor die geskiedenis van die drama in toneel.
2. Nie meer as 1500 woorde nie.
3. Dui jou woordtelling aan.

Verhaalskrywers:
1. Skryf ‘n komiese verhaal oor die drama van ‘n nuwe aankomeling by ‘n aftree-oord.
2. Nie meer as 1500 woorde nie.
3. Dui jou woordtelling aan.

Lekker skryf
Woordgroete
Projekbestuurder.
.

Skryf in Afrikaans; dit is die gaafste ding wat jy vandag sal doen.
Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed