Jongste aktiwiteit:

Is dit die moeite werd?

Woorde telling: 697

Is dit die moeite werd om jou lewe op die spel te plaas , as jy gaan werk? Werke bv polisiebeamptes, verkeersbeamptes, brandweer, sekuriteit, weermag,en nog baie meer.

Ek beantwoord die vraag deur my eie ervaring wat dramaties was en jyself in jou geheue bank wegbere^, want mens deel dit nie met familie nie. Wat gebeur by die werk , bly by die werk.

Ek het gewerk as ondersoeker by groot media maatskappy in SA. Behels dat ek onder die dekmantel beweeg het en noodsaaklike inligting verkry het vir die maatskappy . Daar was tye dat die inligting deur gegee is aan SAP want het egter onder die beskermimg van die prokureur Generaal,wat jou sodoende uit die tronk hou.

Een van die vele kere wat my lewe in gevaar was sal ek nie vergeet. Laat nag nog weg van die huis waar my vrou en jong seun wag. Besig in johannesburg omgewing net buite Jeppe. In die stil straat, geen bewegings want al verby slaap tyd is

Ek is saam ingefultreede kleurling man Hassan en sy lyfwag indier man Admed.Reeds onwettige sagteware bekom en betaal , wetend dat ek bladsye vanaand moet skryf as bewyse saam die sagteware,sodoende saak bou wat voortbestaan van die media uitsaai netwerk kan beteken.

Wagtend sit ek en beplan die bladsye wat geskryf moet word, maar ons ry nie. Die vertroue van Hassan is so groot vir my dat hy my laat saam wag .

Dan stop die wit mercedes, nogal van die nuutste modelle. Drie japanese mans klim uit, terwyl ons uitklim wys Hassan ek moet agterlangs staan. Ek kom nader want wat ook al aan die gebeure is, wil ek die drie mans se gesigte sien en hulle name hoor.
Kan nie hoor wat gepraat word en tree nader, Admed stop my . Dis gevaarlik, hy verduidelik dat die man wat hulle wou laat stil maak in die kattebak van die mercedes is. Sweet loop langs my nek af en my bene voel yskoud. Wetend dat as ek die lyk sien ek sal moet getuig in n’ moord saak.

Die leier Zan stop om met Hassan te praat. Hy kyk reguit na my. Hassan steek sy hand uit na Zan met die geld as betaling, maar skielik begin Zan skreeu in sy taal en wys vir sy 2 makers na my en hulle haal pistole uit .
Admed probeer my terug in die voertuig kry , maar Zen gryp my uit en skreeu harder. Ek weet nie wat om te doen, weet net dat die gevaar reg voor my is maar geen idee waarom. Zen druk die silwer pistool teen my kop , hy skreeu nou eers en ons verstaan nie. Hassan praat vinnig en hard met Zen terwyl hy die pistool aftrek van my kop af.

Admed kry my in die voertuig terwyl Zen vir Hassan die kattebak oopmaak en die lyk wys. Hassan klim terug in die voertuig en gee opdrag vir Admed om te ry.

Hassan wil net weet of ek reg is, natuurlik is die antwoord ja. Diep binne my weet ek dit was nie die moeite werd as ek vanaand hier moes sterf.

Hy verduidelik dat Zen al verskeie kere gearresteer is en Moord en roof op sy hake. Net nooit genoeg getuienis om Zen te laat toesluit. Hy wou nie he^ ek moes die lyk sien omrede he gereken het ek in die polisiemag is.

Volgende dag is alles op skrif deurgegee eers aan my baas, daarna aan die polisie speurder wat my tussen persoon is met die prokureur generaal.

Polisie het vinnig opgetree om die lyk te kry. Hassan het darem verduidelik waar die lyk in die naby meer gegooi is. Hul het 2 ander lyke ook daar binne met duikers gevind.

Kortliks, paar maande daarna is arrestasies gedoen op Hassan,Admed en 3 japanese mans en hele paar ander kollegas van hulle. Verskeie klagtes van kriminele oortredings.Ek moes getuig, was 3 maande weggesteek en nie tuis by gesin nie.

Vraag wat ons nie elke dag vra omrede ons nie daarby betrokke is nie.. Is dit die moeite werd om jou lewe op die spel te plaas vir jou werk? Dramatiese gebeure en al.

Johan van Rensburg




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed