Jongste aktiwiteit:

Van ‘Drama Queens’ en vloermoere Silwer 437 Woorde

Vanmore hoor ek mos ek is ‘n “drama queen.” Man, as dit nou nie uit Charles se eie bekkigheid gebore was nie, sou ek my agterstewe so hoog gewip het, dit sou gelyk het of ek vloere was. ‘Drama Queen’, verbeel jou. Die mansmens soek mos vir moeilikheid so vroeg op ‘n klein Satedag.

Die dag het mooi begin. Voëltjies fluit en die sonnetjie loer skaam deur die gordyne. Ek het mos nou nie nodig om my klere die vorige aand al reg te sit nie. Ek weet mos waar dit is. As daar nou iets is wat my moer in sy enigste passende bout draai dat hy nie meer pas nie, moet jy ‘n ding skuif wat ek neergesit het. My hemp is soek. Die een wat ek so sorgvuldig op die ou houtkis neergesit het. Ja, ek weet dit is nie die plek vir ‘n hemp nie. Ek het hom daar gesit met ‘n rede… los hom daar. Toe ek vir die tweede keer al die lappies van die kas afpak, verdwyn die voëltjies voor die venster. Charles begin paniekerig komberse optel.

Ek pak uit. Ek wil opsluit daardie hemp hê. Jy sien net t-hemde waai. My netjies gepakte hempies verander in frommel frokkies. Gelukkig is Charles doof in die een oor. Die ander een het lankal gees gegee. Hy kan net aan my gesig sien ek mompel die hele woordeboek in Frans. Vies begin ek maar sorgvuldig die hempies terugpak; asof ek tyd het! Dan is dit nou daarnatoe, die ding sal wel iewers uitkom. Ek sak met ‘n sug op die bed neer. Laatkom, sal ons maar laatkom. Dan sluip Charles stil die kamer binne.

In sy hande hou hy ‘n hempie wat darem maar wragtig baie bekend lyk.

“Ek het nie geweet of ek nou maar tot môre moet wag en hom dan saggies in jou kas te moet los nie.”

Sy gesig is die van ‘n stout skoolseun wat uitgevang is.

“Is dit veilig? Ek het hom in die bakkie gekry, ek weet nie hoe hy daar gekom het nie.”

My giggel begin soos ‘n klein stroompie spoed optel. Dit hobbel oor ‘n paar klippies voordat dit met mening in ‘n rivier uitloop.

“Ai, Engel, ek moes die dekselse ding saam met jou voorskote opgetel het, dis hoekom dit in die bakkie was.”

Charles grinnik, “jy is ‘n regte blerrie Drama Queen weet jy, maar ek lief jou so baie, kom hier!”

Die res is nie vir julle ore bedoel nie. Geniet julle klein Saterdag met liefde en vloermoerloos.

NS. Charles dra voorskote want kosmaak is sy forte – ek – gooi vloermoere.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed