Jongste aktiwiteit:

Wiskundig foutief ( covid 19 )

Een komma vyf meter
eweredig gespasieër
praat die nuwe normal
wat die virus glo keer

Dis die afstand tussen positief en negatief
wat bedompig lê en sus
agter ‘n masker of ‘n mus
gelate slaan ons elk die bal mis

Dat die absolute waarde van enige getal
altyd positief sal wees
positief na die liggaam
of positief na Gees

Nee! Die nuwe normaal wat positief vrees
een komma vyf meter
tussen jou en aftakeling
dis die somgetal, van waar die virus begin

Die afstand tussen jou mond en brein
gemeet skaars dertig sentimeter
dan die somtotaal tussen wat jy dink
bring jou lewe of laat jou sink

Dis mos wiskundig foutief
die absolute waarde van enige getal
Is altyd Positief
Ek is Positief

Johan van Rensburg




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed