Bedanking
Bedanking
Daar lê jy op die sagte bed
uit die gejaagdheid gered
stilsit was jou net nooit beskore
gedink… sonder jou is die werk verlore
Totale besef van die werklikheid
gebede is regtig verhoor
familie so te mis, nie meer bereid
werk het jou nou verloor
Ek kan nou my droom uitleef
elke dag daarna streef
aan God te dankbaar wees
heeldag te skryf dat ander kan lees
Almal is wel verplaasbaar
onwerklik maar regtig sowaar
vorentoe streef na meer geluk
uit God se tuin gepluk.
Johan van Rensburg
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2022 – Drama projek