Pou se veer
Pou se veer
Kleure van goud,
groen en blou, ‘n oog
wat gevaar weg hou.
Trots pronk hy met sy groot waaierstert,
wetend hy is sterk.
Ander dra ‘n pou se veer in sy hoed, en eens was die veer
gedoop in ink.
Sou die veer ons iets kon leer, sou dit dalk wees:
Daar is altyd ‘n groter een wat alles sien, wat woon in die land van goud.
Blou gee hoop vir ‘n nuwe dag, en groen beloof ons altyd
nuwe groei.
Mag ink nooit ophou vloei om te deel
en te seën vir hulle
wat innerlik bloei.
Ink wat troos en saam kan lag, ‘n les kan leer, of selfs net
terug kan gaan
na gister se dag.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.