Jongste aktiwiteit:

heuning op jou bord

in soet van heuning skuil heling
soet heuningkoek op jou bord
beteken gesondheid en voorspoed
soos in land van melk en heuning

in profesieë beteken heuning geluk
beteken dit voorspoed en vryheid
soete bereiking van volksdoelwitte
uitlewing van jou eie kultuur goedere

onder beproewing leer mens weereens
wat heuning beteken omdat jy dit mis
in voorspoed vergeet jy hoe om dit te kry
laat jy die heuning bye toe om weg te trek

wilde heuning bye se heuning is soet
om dit te tap kos baie pyn en lyding
jy self en ander sal moet ly daaronder
roof praktyke maak ook heuning skaars

wanneer sal ons volk weer heuning proe
wanneer ons korwe beskerm daar staan
wanneer ons heuning bye rustig kan werk
wanneer ons belangrikheid daarvan ken

heuning op jou bord kom nie vanself nie
jy moet aktief werk daaraan soos die bye
wanneer jou dagtaak verrig is en jy rus
sal Sy genade van Bo die res kom doen

mag daar heuning op ons tafels wees
mag daar bye wees wat fluks kan werk
mag elke bewaarder sy dagtaak doen
mag ons kinders gou leer van heuning

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed