Jongste aktiwiteit:

Verlossing

Die openbaring van voorkeur
is nie beskore vir dit
wat jou laatnag dryf
tot slapeloosheid
in die middernagtelike wroegings
wat ontydig die slaap
kom steel terwyl jou drome
diep verborge in die ring
van die maan
loshande hang
en vryval af grond toe nie

en jy jouself boeglam skrik
terwyl jou hart polsend
teen die kamers
van jou ontnugtering klop
en jy tot die ontstellende
omkeer kom
dat die stryd is nie teen
vlees en bloed nie
maar teen die bose magte
wat laat snags wil kom steel
wat Jesus kom red het

en jy roep na jou Herder
jou Verlosser
en Hy bring sy engelvegters
en span hulle in
om namens jou
die stryd te oorwin

want so dwaas as wat die duiwel is
dink hy dat hy jou kan aanval
terwyl jy in Jesus se beskerming slaap
maar wat hy nie weet nie
is dat Jesus reeds oorwin het
daardie donker dag op Golgota
met die volbringing van Sy dood
en Sy almagtige opstanding

Jesus leef
en soms in die stilte van die nag
probeer die dwaasheid homself
afdwing in jou broosheid
in die tyd wat jy kragte moet opbou
vir dagbreek wat al vinniger kom
en ek sê weer, Jesus leef
die slaap kan my maar kom haal
want my Jesus het reeds die prys betaal.

2018 © C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed