Jongste aktiwiteit:

As verbeelding belangriker as kennis is

(BRONS)

As verbeelding belangriker as kennis is

hoekom moet ek my steur aan geskiedenis?

Hoekom moet ek dan oplet

wie, wanneer, waar, wat gedoen het?

 

As verbeelding belangriker as kennis is

hoekom moet ek weet hoe om te maal en plus?

As verbeelding die wêreld omring

hoekom hou ons aan om op algebra te dring?

En as verbeeling belangriker as kennis is

hoekom moet ek weet hoe werk ‘n bus?

En kennis is mos beperk

maar hulle hou aan om vraestelle te merk

 

So as verbeelding belangriker as kennis is

hoekom bestudeer ons nog reën, sneeu en mis?

En hoekom word kennis belangriker as verbeelding geag

as kennis ophou, maar verbeelding duur van dag tot dag?

 

So as verbeelding belangriker as kennis is –

hoekom steur ons onsself soveel aan kennis?

 

 

*Albert Einstein: ” I am enough of the artist to draw freely upon my imagination. Imagination is more important than knowledge. Knowledge is limited. Imagination encircles the world.”

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed