Jongste aktiwiteit:

Soos die see (goud)

Moenie weer
woorde oor my gooi
of jou asem stadig
teen my afblaas nie
want hier by die see
moes ek alles vir jou gee

die wind in my hare
die strand op die wand van my hart
‒ selfs die sandbank in my siel
alles moes ek net so vir jou gee

my skulpies sonder skanse
moes ek tot niet verklaar
ek moes elke korrel
van myself met jou deel

want duskant die rots rondom my rugkant
het ek op die golf van jou stem gery
eers in hoog gety en toe laag-

net om op ‘n groot blou brander
tot in jou arms uit te spoel.

© Okt 2020 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed