Jongste aktiwiteit:

ek dink, ek is (Goud)

ek dink, ek is – (Goud)

 

in die stilte van my grou gees 

waar wêreldsgeraas verdwyn 

vry van voorgee vry van skyn 

wonder ek weerloos oor my wees

 

is ek bloot net vlees en been 

‘n ster wat wag om te verskiet 

of vloei daar deur my diep alleen 

rede wat hemelligame gebied 

 

ek wonder oor die horison 

bevraagteken elk’ vaste wet 

dog, in denke vind ek die bron 

méér as wense en verset 

 

al wankel alles om my heen 

en al is die waarheid soms bedek 

die stem binne my praat sereen 

‘n openbaring wat sielswyd strek

 

tussen sinapse en gedagtestrome 

leef ek: mý waarheid en mý drome 

 

Voetnota

Geïnspireer deur “Cogito, ergo sum” – René Descartes die Franse filosoof. Die aanhaling beteken dat die mens se vermoë om te dink die bewys is dat hy of sy bestaan. Direk vertaal: Ek dink, daarom is ek, word ook as titel vir die gedig gebruik: ek dink, ek is.

 

©️Retha van Deventer, Augustus 2026.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed