Soos ‘n blaar wat val
Ons is anders as alles
met buiteseisoene wat inwaarts woed
verlore en verlate as gevolg van onsself
elke keer as ek ‘n mens hoor gaan
spartel gedagtes in my kop;
verkorrel die verloop van tyd deur my vingers
– dis juis dan dat ek so graag wil vlug
êrens na ‘n ander plek soos ‘n windswael
maar miskien verbeel ek my
miskien is alles net ‘n toneelspel
of iets uit Shakespeare se sonnette
‘n ongeskrewe verhaal
of net nog ‘n blaar wat van ‘n boom af val.
© Aug2021 Caren Kearley
Nimfoleptiese Woorde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek