‘n Dag vir droom(silwer)
“Deeds cannot dream what dreams can do”
EE Cummings.
As ek die blare hoor val
en hul dans bespeur in die opera spel van natuur
kan dade nooit droom
soos wat drome doen,
ligs hy op windjies sweef
so op sy eie dreef
en sy val die grond beklee
sing ek luidkeels mee
dit is waar drome weef
in die val van ‘n blaar
wat saam ritselende winde sweef
en heilige dae beleef.
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek