Die plek waar tyd stil kan staan
Die plek waar tyd stil kan staan
Moeg geroei,
geanker,
lê my skuit
op die dooie see.
Kan ek hier
gister se sand
afvee?
Drome deur
die woestynwind
verwaai,
branders het hierdie skuit
na alle rigtings
laat draai.
Is hierdie die plek
waar tyd net
vir ‘n rukkie
stil sal staan?
Vir my
‘n nuwe kompas leen
vir die weg
wat ek van hier
moet gaan.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.