JOU VOETSPORE IN MY HART
JOU VOETSPORE IN MY HART
Jou voetspore in my hart
is diep in my siel vasgebrand
hoe moet ek nou sonder jou lewe
ons liefde was verhewe
ons verlede is ons vergewe
jy laat my hart nog bewe
jou voetspore in my hart
is diep in my siel vasgebrand
verlange na ons verlede
verlang ek na ons vrede
so baie verlange in my hart
so baie verlange en smart
ons sal altyd daaraan vasklou
ons sal dit altyd wil behou
tye wat ons saam kan onthou
is nou tye sonder jou
@Eleen van Deventer Vorster
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.