
HOU MY STYF VAS HERE
HOU MY STYF VAS HERE
Here U maak my volkome vry
hou my styf vas Here as my voete gly
hou my styf vas dat ek in U wil sal bly
hou my styf vas dat ek my sondes sal bely
genees my Here as my hart aanhou bloei
troos my wanneer die trane vrylik vloei
hou my geselskap wanneer ek eensaam voel
gee my hoop as ek dink die lewe het geen doel
Here U het my volkome bevry
ek sal U naam vir ewig wil bely
my Heiland sal my vir ewig vergewe
my Koning sal in ewigheid lewe
verseker het my lewe ñ doel
ek kan nou U koningkryk vir ewig voel
ons harte strewe na U o Here
@Eleen van Deventer Vorster
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.