Jongste aktiwiteit:

KRUIWA PROPVOL LIEFDE

KRUIWA PROPVOL LIEFDE

kruiwa propvol van my ware liefde
kruiwa propvol net aan jou my liefste
bakkies vol van al my sagte soene
bring asseblief tog gou my skoene

beddings propvol van al ons glimlaggies
deel ons saam al die sonskyn daggies
wandel ons in my pragtige blomtuin
wandel ons langs die beddings oor die duin

dan raak ons sommer net ñ bietjie laf
huppel ons saam aan die anderkant af
toe vang ek jou om styf teen my vastehou
toe vang ek jou om jouself vir my tehou
dis toe ek my liefde aan jou toevertrou

Eleen van Deventer Vorster




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed