My kind
My kind
Deur: Ryno du Plessis
As kind het ek myself beloof, ek sal my kinders nooit van hul gevoelens beroof.
Jy moet kan praat en voel, die lewe beleef— seer mag nooit aan jou kleef.
Jy sou die beste ouer hê, wat luister en verstaan.
Saam sou ons ’n plan beraam, ons band sal nooit vergaan.
Jare het gekom en gegaan, ek moes nuwe planne beraam.
Tyd het verander, iets heelwat anders.
Ek probeer my bes, leer jou gereeld ’n les.
Om die perfekte ouer te wees, het ek reeds as kind vergeet.
Soos my ouers, faal ek nou in jou. Jou hart sit vas in jou jeug— ek moet ouer wees.
Kos op die tafel, dak oor die kop. Dit is tans hoe die lewe my skop.
Al wat ek jou vandag kan leer,is: bly vertrou op die Heer.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.