Jongste aktiwiteit:

soos konfetti

soos konfetti

snyend is die wind so skraal
sneeu gestrooi oor die land
eensame bome koud gebrand
struike bibber en is so kaal

waterstrome treur in ‘n reguit paal
vorm woelend met die riviere ‘n band
die nat vreet die ou blomme tot sand
winter het vir somer ingehaal

o Heer, ek is net ‘n mens
soos winter is ek koud en nat
ek is deurmekaar en hoor my skreeu

o Heer, luister na my wens
vorm my in ‘n yskoninginskat
strooi my sonde soos konfetti oor die sneeu

Kopiereg: Roeline van Schalkwyk




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed