Handboek vir my kind
Handboek vir my kind
Deur: Ryno du Plessis
’n Lewe het Ek aan jou toevertrou, die taak van ouer sonder berou.
Onthou jy jou dae as kind? Jy het geglo jou ouers was blind.
Leer jou kind oor die Heilige Gees, dat God altyd daar sal wees.
In gebed bly ons gebind, die lewe sal jou nie verslind.
Sou jy net meer op My vertrou, sal jy die taak as ouer nooit berou.
Jy leer jou kind oor kommer, dra die las op jou gesig.
Dit steel kosbare tyd, omdat jy oor My werke wonder.
Leer jou kind om te bid, en leer by jou kind om te vertrou.
Wees getrou in jou geloof, soos My woord aan jou beloof.
Jy hoef jouself as ouer nie te kruisig, maar leer jou kind oor Hom aan die kruis.
Hy het reeds aan almal genade bewys.
Hou op woel in die lewensgedruis— hier by My is jy altyd tuis.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.