Jongste aktiwiteit:

Bergrivier

Oë wat strak na berge kyk
deinserig lê hulle op die horison
vra ek weer soos die Psalmdigter
waar kom my hulp vandaan

Uit die berge spring gedagtes
soos fonteine helder water wat
saamvloei in bergstrome
om al die weë van die mens
se vergangklikheid weer
bymekaar te bring

Die stroom van lewe gee vir
elkeen, almal sal daaruit drink
soms is dit net te kort
en dan weer dalk te lank

Eindbestemming van jou stroom
is reeds bepaal hoekom dan aanhou
stroomop swem

Die stroompie sny deur berge en dale
en vloei maar rusting voort
genoegsame lewenskrag
om skanse af te breek

Storms verander stroompie
in ‘n woeste rivier
wat jou maklik meesleur
op rotse laat beland
en jou gestrand kan laat

Tel maar net weer jou kop op
haal diep asem
stormsrivier sal jou nie sink
jy word gedra deur elke lewensstorm
dit is ‘n vaste belofte

Daar is ‘n ware Anker
as ek my oë opslaan na die berge
ek hoef nie te vra vir hulp nie
my hulp is die Rots van die lewensstroom




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed