Jongste aktiwiteit:

Dans van die seisoene (Silwer)

Op die maat van die seisoene se sleepvoetwals
Kom September en Oktober se bloeisel-ballerinas
Tippie-toon tevoorskyn
Om die baan te open vir
Blomme en vrugte in die lente
Ellelange snikheet somersdae
Roes en goud vir herfs se oumensjas
Matelose winterkou’ om te ledig tot die droesem
Alte wonderlik is die herhaling
Aljander aljander so jaar vir jaar
Niks en niemand sit uit met
Die dans van die seisoene




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed