KROON JUWELE
Wolke kom donderend nader blits na blits tref die aarde
maak grom geluide Pêrel druppels tref die lande
grond en water verweef
Ploeg en skaar draai die sooie Diamante kom na bowe
die reuk van grond maak jou lus vir saai
plant en grond verweef
Saailinge gerig soos soldate
word Smarag see van groen blare
son en plant verweef
Stamme reik na die hemel
Goud word baard en sade in die kelk
lewenskrag met saad verweef
Die groen is weg
stoper laat pitte in sakke val
kroon van al die juwele Arbeid adel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.