
Diagnosis
(BRONS)
Oorsaak: Sepsis
My hart se diagnosis:
vermis…vir ewig weg.
Grond op ‘n kis…
In die kamer staan
die lyf van jou kitaar.
In my kop
bly jou lirieke draal.
Op die vloer,
teen die muur sloer
jou laaste skildery,
‘n landskap in groen…
Langs die stoel,
op die tafel in die hoek,
lê jou bril
langs jou boek.
Ek ruik jou
in die duvet se vou
om my lyf;
jou kussing waaraan ‘k klou!
En ek versmoor
die rou wat my vermoor,
wat my hart uitmekaar skeur
Ek het jou vir ewig verloor!
Diagnosis: Sepsis
Jy is vermis, maar
hier sê dit:
Gebêre in ‘n kis.
© CJ Laing 11/12/2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Woordsmous
Hier het jy my sprakeloos, kan ek net saam met jou huil? Dis al wat die sepsis kan ontsmet...