Jongste aktiwiteit:

Lenteson

Lenteson

 

Winter hang nog

soos ‘n rafel

aan jou vas,

weier om

die oggendwind

te laat vaar.

 

Saam met die son

gebruik jy ook die wind,

met al jou bloeisels

wat nou blom.

 

Vars is die gedagte:

ons kan almal

die moeilike

oorkom.

 

Voëltjies sing,

die natuur bring

‘n loflied

aan Hom.

 

Vandag leef ons

‘n dankie

vir dit wat

uit lente

die somer

sal bring.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed