Jongste aktiwiteit:

Straattroebadoer

Straattroebadoer

Ek wens ek was ‘n troebadoer
wat liefdesliedjies skryf en sing
op straathoeke liefdeswoorde koer
in nagklubs liefdesboodskappe bring

hier sit ek onder sterre prag
my liefdesfontein wat uitkring
met die klanke van die donker nag
waaroor ek net sonder ophou sing

jy aan my sy my lewenslag
huppel in die stap my liefling
met ‘n toekoms wat vir ons stil wag
rondomtalie dans jou vreugde bring

jy is in my lied se woorde
ek die melodie wat ek sing
jou straattroebadoer vol akkoorde
wie aan jou my liefdesliedjie bring

Koor
Ek is jou troebadoer
Gee my jou hart
Jou belofte jou trou
Gee my jou hart
wat altyd altyd sal hou

*Instrumentaal

(Sing)
Wou dat ons ons toekoms saam bou
ons paaie eers twee word dit een
ek droom nou van ons altyd saamwees
huweliksklokke en jy in wit

Die wete dat jy word my vrou
hand aan hand jy my grootste seën
elke dag ‘n fees wat vreugde dra
ek nou van Bo af bid en voor vra

Koor (2x)
Ek is jou troebadoer
Gee my jou hart
Jou belofte jou trou
Gee my jou hart
Wat altyd altyd sal hou

©Kopiereg Linda du Plessis 11/11/2017




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed