Dis Kersfeestyd Christustyd
Dis Kersfees Christustyd
Dit is weer Kersfees Christustyd
almal juig van oos wes noord tot suid
klokke lui orals en Kersliggies brand
fees gevier in die wêreld en in elke land
geskenke onder Kersbome wat wag
Kindertjies wat saam opgewonde speel en lag
Die vreugde die tyding gebring
waar kore nagkersliedere sing
‘n Kindjie gebore vir jou en my
in doeke toegedraai het Herders Hom gekry
in ‘n nederige krip neergelê
gebore om die Ewige Lewe te hê
Hy het wonderwerke gedoen
voete gewas en mense versoen
vir jou en my soos sy Vader wou hê
gepynig, gekruisig, in n graf neergelê
klokke lui, liggies flikker, liedjies sing
om hulde aan Jesus se verjaarsdag te bring
Sing sing sing tot Sy eer
vier vier vier die geboorte van ons Heer
juig sing dans vreugdevol dankbaar voor die Heer
steek kerse aan tot Sy eer
om sy geboorte koms te vier
stille nag heilige nag versier
uit eerbied en nederigheid vir Hom
omdat Hy as mens na die aarde toe kon kom
kinders om sy herinnering geskaar
deel met mekaar, gee om en vertel vir mekaar
Oukersaand om die Kersfees-fees
Jesus se geboorte in ons gees
die dag met dierbares aan Hom te wy
waar ons aan Hom hulde bring, Hy al die eer kry
vreugde, dankbaarheid, stilte ons omkring
die strand, tuis, kuier, stilte wat Kersgety bring
Kersfeestyd Kersfeestyd
basuin dit nou uit basuin dit nou uit
om saam te wees om Christuskinders te wees
vreugdefees dis Jesusfees
Kersfeestyd Kersfeestyd
basuin dit nou uit basuin dit nou uit
om saam te wees om Christuskinders te wees
vreugdefees dis Jesusfees
©Kopiereg Linda du Plessis 19/10/2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
En nog 'n inskrywing. . .