Brieffie op die duin
Brieffie op die duin
In die sand het jy geskryf, daar op die groot rooi duin.
“Kry jou vanaand ná ete by die koshuismuur. Ons moet spring voor die klok lui vir slapensuur.”
Skelm rook was toe groot plesier, maar van baie kort duur.
Onthou jy nog vir Mnr. Langneus? Jare later het hy vertel hy het ook die briewie op die duin gelees.
Ons het daardie dag vir die sambok gevrees. Tot vandag is ek van skelm rook genees.
Qaa©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.