beterweter – (Goud)
beterweter – (Goud) Retha van Deventer
jou oë glinster
skouers word kordaat pappegaaibors agtertoe getrek
om indrukwekkend te lyk
of skalks om meer suurstofspasie te bewerkstellig
want
tot groot konsternasie
en frustrasie
het ander se woorde die vermoë
om jou soos ‘n opgewende draaiorrel
in die laat-ek-jou-vertel-rat se hoogste hiperboliese versnelling
te laat babbel
min wetend jou grootse stories is ongeloofwaardig
(ek stel dit eufemisties)
maar dit gee ek jou toe:
laat ek jou vertel
jy sal die vaaldam onder water kan deurswem met jou lang asem
© Retha van Deventer, 30 Julie 2026
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou inskrywing vir die Julie 2026 – DIS NOG NIKS, LAAT EK JOU VERTEL PROJEK