Jongste aktiwiteit:

ProjekteJulie 2026 – Dis nog niks, laat ek jou vertel projek

Beste INKers,

Hierdie maand gaan ons ‘n semi-oop projek aanpak. By semi-oop bedoel ek, daar gaan geen voorskrifte wees vir konstruksie nie, maar ons gaan ‘n tema behandel.

Die tema is: “Laat ek jou vertel …”

Ek glimlag altyd as daar iets in ons lewens gebeur en ons die anekdote wil oorvertel, dan is sommige gehore se reaksie, “Dit is niks, laat ek jou vertel …”

Die tema is effe tong-in-die-kies, maar jy is welkom om dit te interpreteer soos jy goed dink.

Hetsy jy dig, prosa pleeg of vir ons ‘n kortverhaal skryf, gebruik asseblief hierdie tema in jou werk.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS BY GEDIGTE EN VERHALE AFDELING EN 3 INSKRYWINGS BY DIE PROSA AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR GEDIG PUBLIKASIES ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PROSA EN VERHAAL PUBLIKASIES. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

My oom Albert was ‘n storieverteller van formaat. Hy kon enige gebeurtenis binne én buite die familie, met gesag in enigiets van ‘n staaltjie tot ‘n kleurryke vertelling omtower. Sinsnedes soos “dáárvan kan jy my niks vertel nie!”, “wag tot jy hiérdie storie hoor!” en “dis nog niks, laat ék jou vertel!” het altyd luidkeels […]

In ’n predikant se loopbaan kry hy sekerlik met baie komiese insidente te doen, en soms ongemaklike situasies waarin jy jou waardigheid moet behou. Met my as deeltydse aflos-predikant was dit ook nie anders nie. Ek het op ’n stadium gereeld diens gedoen by ’n Ouetehuis op ’n dorpie in Noordwes. Een oggend na die […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed