Die Storie se Pad
(Brons)
Stories moet tog iewers begin
dit word uit niks geskep
daarom sê ons “dis nog niks…”
maar “ek moet jou vertel” kom by aan die einde van die sin
Dis altyd “luister net vinnig”
na die storie wat “niks” is
kort voor lank is dit egter meer as dit
en elke detail kom aan die lig
Die storie hardloop weg met ons
dit raak beslis ‘n iets
maar steeds sê ons “dis nog niks”
en die storie begin te gons
Dit wat ons wou vertel
Daardie ding wat niks was
ontaard in iets groter
Ja, dit gebeur meer kere as wat ek kan tel
Elke stukkie versprei soos ‘n veldbrand
Die storie word bietjie aangepas
sodat dit oordryf
totdat dit weer by ons beland
Dan is die hele storie omgedraai
elke niks ‘n iets
elke iets ‘n niks
en dis met nuwe aanpassings gelaai
Elke storie volg hierdie pad
ja, dit begin hier as niks
Kom terug as iets
Dis die wandel in die storie-stad
deur Anja Nel
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou inskrywing vir die Julie 2026 – DIS NOG NIKS, LAAT EK JOU VERTEL PROJEK