Holte in my hart (stergradering Silwer)
Daars ‘n holte in my hart geruk
waar jy nog gister was
swaar soos lood en net so grys
‘n grou kolk van verlies
Mettertyd sal jou huppel
weer die holte vul
met vreugde van onthou
maar vir nou wil ek ‘n pers kombers
van hartseer om my vou
© Estelle Rubow
14/06/2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek