Vir aandag: Jaco Jacobs – Opdrag 1
Geëerde meneer
Na ʼn ewigheid se sukkel en soek
na unieke karakters vir
my eie kinderboek
gee ek die stryd gewonne,
(besef my pogings was onbesonne)
want nêrens bestaan
ʼn mens, ʼn dier of
ʼn vreemde kreatuur
wat nie reeds in jou verse pronk nie.
Vervolgens word versoek:
Kan jy jou verbeelding nou op hok hou;
liefs aan eksistensiële gedagtes loop herkou
sodat ons ander se ink
en maniere van dink
ook in kinderlektuur kan gaan insink.
6 Kommentare
-
Viooltjie
Ek dink dis baie goed gedoen 😊
-
Callie Vermeulen
Pragtig verwoord Denise!
-
Driekie
Baie mooi.
-
Elroux
Mooi gedoen
-
Loretta Szikra
Goed bedink en knap geskrywe.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie *Ek wil vra dat jy asb ook jou plasings met jou kopiereg en Naam sal merk asb