Vals deuntjies vir moeë harte
Jan Pierewiet
Jan Pierewaai
MY Jantjiepiet
sit stil.
Die kinders huil,
die huis is vuil,
maar my Jantjie Piet sit stil.
So hou jou soen, my man
‘k maak steeds koffie vir jou kan
en jou na-saad maak ek groot;
sit maar nog,
ek smeer jou brood.
Ai Jannie-Piet,
my Pietie- peits,
stug Pieter-Jan
rol oog
en sug nog sugte
haat dra vrugte
sit gifpyle in jou boog.
Wees gerus ou Jantjie-pan:
hul sien jou steeds as man
en trek saam hul skouers op
vir jou vrou se vreemde kop.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek