Wat is jou fokus?
Wanneer jou verlies
die middelpunt van
jou fokus is
versuim jy om te sien
wat voor jou is
jou direkte visie is verblind
jy staar teen dit vas
wat jou weerhou
om die volkome
prentjie te sien
wanneer jy fokus
op al jou seëninge
sal selfs die verlies en seer
van die verlede
nie meer lewe
jy kry meer as wat jy verloor
en net jy kan kies
gaan jy jouself blind staar
aan die seer
of gaan die seëninge
oorvloedig wees in jou lewe
wat jou lewe oorheers
sal bepaal waarnatoe
jy beweeg
met grasie of bitterheid
besluit?
© 2018 C. Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.