Stofpad
stofpad
na wie weet waar
met spore diep getrap
en onverklaar
slingerend
deur onbekende ruigtes
se Niemandsland
na uitgestrekte wydtes
kinkeldraai
in war gemoed
wat afwagtend
na antwoord soek
roekelose spore trap
wanneer stofpad-verleiding roep
©Driekie Grobler
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek