Jongste aktiwiteit:

OPDRAG 1: Die ewige Rymelaar

in ruimte en deur tyd, soos ‘n breyten of ‘n steyn
versamel ons ‘n woord of ‘n gedagte
enersdenkendes sonder venyn;
vasgevang op die onthou van perkamente
voer ook ons (soms) ‘n kluisenaars bestaan

ons pen verwoord die hart se diepste verstaan
van al sy lief en sy leed, van dowwe donker dieptes
‘n minuet in alliterasie, woorde legio soos die sand van die woestyn
uurglas minuut-vir-minuut ‘n woorde spel, ‘n hunkering na verlore liefdes

vir sommiges werk die oue
die klik-klak klank van die tikmasjien
vir nog andere die goue
die krabbel kreefgang ritme van die pen
wat dansend woorde deponeer
aan tyd nie gebonde
en ontbloot so op papier die siel

so voeg ek dan ook my naam
op die drukpers in inkletters saam
die ewige kluisenaar
die ewige rymelaar

©callie 2018




14 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed