Kokonnetjie in die see (OPDRAG 1)
Haar woorde word toe waar
skuimwitgolwe wat haar verewig bewaar
vasgevang, toegevou soos mamma se maan
salig weggaan.
Laat liefde almal in die steek
antwoord tog spieëltjie
voordat jy swygend breek.
Wie was sy regtig?
Bly hulle vra.
ʼn Klein korreltjie sand
of ʼn lappop wat maskers dra?
Bitter, bitter
haar miljoen soeke,
die lewe ʼn dubbelspel
tot haar ontnugtering.
Sy is ons
ontvlugting, ontnugtering en
oneindige inspirasie
Terwyl drome dans in deernis-deuntjies
10 Kommentare
-
charne
Baie dankie Callie, wardeer
-

Driekie
Baie mooi, Charne.
-
charne
Dankie Driekie.
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie *Let asb daarop dat jy jou gedigte merk met jou kopieteken en naam asb
-

Viooltjie
Baie goeie werk, Charne
-
charne
Baie dankie.
-
-

Elroux
Goed gedoen
-
charne
Baie dankie, wardeer dit.
-
-

Loretta Szikra
Goed geskryf Carne.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Pragtig gepen Charne.