Jongste aktiwiteit:

[SILWER] LAAT EK JOU VERTEL …

Laat ek jou vertel …

Laat ek jou vertel van wonde sonder bloed,
van glimlagte wat breek al lyk dit soms goed.
Van mense wat hul harte agter grappe bêre,
en snags hul trane tel onder skietende sterre

Laat ek jou vertel van paaie sonder kaarte,
waar hoop soms stil verdwaal tussen gebroke harte.
Van drome wat soos herfsblare windaf weg waai.
maar in die lente weer hul sagte groen kom saai.

Laat ek jou vertel van liefde sonder name,
wat stil deur vingers glip soos rook uit ou kaggelvlamme.
Van afskeid wat nie vra of jy gereed sal wees,
maar sommer net jou lig kom steel, jou lag, jou gees.

Laat ek jou vertel van môres wat bly kom,
al voel die nag soms eindeloos en donker om.
Want selfs die son onthou ná elke langste nag
hoe om die wêreld weer met goud te oorlag.

En as jy eendag sê: “Ek weet nie meer waarvoor…”,
sal ek net stilweg glimlag, nader skuif en hoor.
Want elke mens dra stories wat niemand ooit kan stel…

Dis niks.

Laat ek jou vertel.

©2026 Nicola Brown




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak