Jongste aktiwiteit:

Genadeloos

Ek weet dis seer
want ek’t gehoor
wat die wreedheid
aan jou doen

‘n Vrou wat sterf aan kanker
dat jy nie in die nagte kon slaap
dat ek die ligte trilling van jou hand
voel hoe dit in my gemoed brand

Het grou skaduwees
‘n pikswart sluier
oor jou oӫ laat sak
en die eindelose geveg
was vir altyd verby

‘n Gekwesde innerlike
kruip rond op die grond
weemoedige trane
spat teen gekraakte ruite

Onnodige pyn
soveel hartseer
soveel trane..
nooit sal mens dit verstaan




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed