Jongste aktiwiteit:

CIPSY VROU

Cipsy vrou
Hulle noem my die Cipsy vrou
Lappe syagtig jassies om my gevou
Oorbelle ringe armbande self getou
Grimering sag gevoeg om my oë.
Ek bly nie in a karavaan het nie ‘n
Kristal bal
Sterk aanvoeling en sensitiwiteit
Loop soms kaalvoet en geniet
Die natuur
My maatjie jy vra my verniet oor more
Jy vra my verniet oor gisteraand se droom
Wie wag vir jou op die horison
Jy vra my verniet met wie jy gaan trou
Ek behoort aan aan ‘n man hoër as hoog
Liefde omgee en vrede is my droom
Hy is my Pappa en my beste vriend
Vertrou niemand soos vir Hom
Ek skenk vir jou gratis van SY liefde
Vertel jou graag van hom en gee nie om
Jy kan deel word van Sy liefde en van Hom
Ek het geen jaloesie jy kan deel
Cipsy vrou kan julle my maar noem
Waarheen is jy op pad Chipsy vrou
Hoe kry jy dit reg om alles om jou gevou
Uit te deel aan enige persoon sonder knou
Glimlag stil hoop dat my liggie skyn
Handsakkie oor my arm gevou vol saad
Saai sonder water kyk nooit of dit groei
Nooit leen ek myself uit vir goud of silwer
In my kamer stoor ek my trane tussen krale
In my oe se julle lê baie pyn en hartseer
Cipsy vrou wie is jy vra julle my so baie
Net ‘n mens soos jy afhanklik van
My Pappa en vriend met baie liefde
Jy kan dit ook kry gratis nooi
Hom net in jou hart Hy het
klaar betaal vir jou liefde
Met bloed gestort
Sy naam is
JESUS
~jac~
2016-10-17
KOPIE REG VOORBEHOU.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed