Jongste aktiwiteit:

Jy die wind het altyd gewaai

Jy die wind het altyd gewaai
so sagte windtjie wat swiep vol
teerheid soos jy waai deur die
ou boom se blare
nou het jou rigting gedraai
sny jou yskoue waai deur die
bome se takke en die blare vou
onder die koue en geniepsigheid
in die oggend is die dou van die vorige
nag sigbaar niemand weet van waar
net die boom wat die blare dra weet
die son droog dit gou op
More is jy doodstil en swyg jy
geen geluid en rigting van waai
so staan die boom en reik sy
takke na bo wagtend vir vannag
se dou wat val en hoop dat die son
vroeer sal skyn sodat die blare
weer skadu kan maak vir die wat
na koelte sal kom soek want
jy mag maar waai soos jy
wil die boom moet bly
staan dis die wet van
die natuur en die
dou moet die
boom in
stilte kan
verduur
~JAC~
2016-10=13




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed