Koningin Van Die Nag
Koningin Van Die Nag
Van sekelmaan
tot volmaan
het ek geleidelik in volheid
stralend en statig arriveer as
koningin van die nag – – –
My glans het die magiese
towerkrag van liefde en
laat dit opbruis en ontvlam
in jong aangetrokke harte – – –
Ek gooi my strale oor die oseane
en laat swel sy golwe en deinings
vreesaanjaend hoog golf op golf – – –
Mense raak maansiek glo met die maan gepla,
so ‘n bietjie deurmekaar, blykbaar ‘n ongelukkige
newe – effek wat ek nie kan verhelp nie want
my strale is net blote liefde en romanse – – –
By volmaan gly ek vorstelik deur
‘n sterbelaade naghemel en hul ligte
verdof in my teenwoordigheid uit respek
want ek is die onbetwiste
koningin van die nag – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
2 Kommentare
-
Trackback: My Homepage
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ek is mos ook met die maan gepla! Pragtig tannie Babs