Van stilte tussen ons
Lӗ die aarde stil
in die hemelse wieg
waar voeӫls, vlaktes en riviere
deur die woude roep
Waar die sterf van stilte
deur ‘n skeurdal druk
en onder hangende takke
dans die windjie
op die wilger se liedjie
Flitslig in die donker van jou skag
waar ek in die grotte
van jou hart verdwaal
en fossiele opdiep
in die stiltes van middernag
4 Kommentare
-
neels
soos altyd treffend Palet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Oi dis pragtig! Wel gedaan.